{"product_id":"geknakte-riet-geskryf-deur-magdaline-olyn","title":"[p-A] Geknakte Riet geskryf deur Magdaline Olyn","description":"\u003cp\u003eIn hierdie boek leer ken die leser vir Magda, 'n onderwyseres van beroep, met 'n passie vir die onderwys. Sy wil 'n verskil maak. Die leser leer ken haar vriendinne Tia en Beatrice, saam met wie sy grootgeword het. Saam het hulle skoolgegaan, gaan 'swot' na skool en ook saam beland by dieselfde skool, waar hulle nou onderwys gee.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEen aand tydens 'n funksie by die skool ontmoet sy 'n man, wat sy herken as 'n skoolvriend van haar jeugjare. Min weet sy dat hierdie haar 'trouman' is. Voor sy haar oë uitvee, is Magda getroud en hulle word geseën met twee pragtige seuns.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOngelukkig gebeur die lewe, en Magda se lewe val aan flarde. Met 'n gebroke hart moet sy die lewe in die gesig staar, en die beste maak van haar omstandighede ter wille van haar twee seuntjies. Egskeiding en depressie is skielik iets waarvan sy nie net hoor en lees nie. Dit is 'n werklikheid wat haar in die gesig staar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMet hierdie boek wil die skrywer lesers bemoedig dat die seer van egskeiding, depressie, hartseer en eensaamheid oorkom kan word. Geknakte Riet is die debuut boek uit die skrywer se pen, en ons sien uit na nog vele wat gaan volg.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Christus is ons enigste hoop!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEk hoop u geniet hierdie boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eShalom\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMagdaline Olyn\u003c\/p\u003e","brand":"Magdaline Olyn","offers":[{"title":"A5 Paperback","offer_id":49821427073335,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0904\/8742\/3287\/files\/GeknakteRietdeurMagdalineOlyn.png?v=1782310969","url":"https:\/\/mhponlinestore.myshopify.com\/products\/geknakte-riet-geskryf-deur-magdaline-olyn","provider":"Mia Cafe Online Store","version":"1.0","type":"link"}